Stropers steel nou volstruisvere

Argieffoto

Die sukkelende volstruisbedryf word nou deur stropers geteiken wat in die aande toeslaan en die voëls se vere uitpluk.

“In dié stadium is dit ʼn groot probleem. Die stropers slaan in die aande toe. Party volstruise kry baie seer en ander word doodgemaak,” het Piet Kleyn van die Volstruis Sakekamer, aan die Cape Times gesê.

Gewoonlik word volstruisvere by slagpale gepluk om te verseker dat die voël so min as moontlik seerkry. Kleyn sê die skielike styging in die waarde van volstruisvere kan die rede wees dat die verediewe so erg toeslaan.

Veral die Wes-Kaapse regering se proefplaas in Oudsthoorn loop onder die stropers deur. Sowat 70 volstruise se vere is in die afgelope maand daar uitgepluk en vier volstruise is doodgeslaan.

Die volstruisbedryf is in April 2011 hard getref weens die verbod op die uitvoer van volstruisvleis nadat voëlgriep in verskeie dele van die land uitgebreek het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.