Stryd oor PTA-naam nog nie verby nie

Foto: Elrich Yssel/AfriForum

Foto: Elrich Yssel/AfriForum

Die ANC het die verandering van Pretoria se naam glo hoog op sy prioriteitslys vir 2014 geplaas, het Beeld Maandag berig.

Die party in Tshwane sal “beslissend optree” om te verseker dat die Pretoria/Tshwane-naamstryd in die nuwe jaar afgehandel word, het ʼn senior beampte van die ANC in die streek aan die koerant gesê.

Die metro staan tans as Tshwane bekend, maar die stad is steeds Pretoria.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het verlede week gesê die hoofstad se naam moet verander. Die metro en die stad sal dan as Tshwane bekend staan. Ramokgopa, wat ook ANC-voorsitter is in die gebied, het gesê Pretoria is vir talle ʼn “onaangename simbool van die verlede”.

Die metro het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy nie weer ʼn openbaredeelname-proses gaan hou nie, omdat dit glo nie sal help om weer ʼn telling te hou om te sien wie daarvoor en wie daarteen is nie.

Die burgerregtegroep AfriForum is vasbeslote om die verandering in die hof teen te staan. AfriForum het vroeër gesê die Tshwane metro het die proses gestaak nadat meer as 160 000 mense die behoud van die naam Pretoria in ʼn SMS-veldtog ondersteun het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek het male sonder tal saam baklei om Pretoria, Pretoria te hou.

Verander die naam en kry klaar, Pretoria is lankal nie meer Pretoria nie. Pretoria, en veral die middestaT (met opset verkeerde spelling) is lankal ‘n nes van vullis en rommel wat orals gestrooi word !

Dankie nietemin aan elke persoon wat saamgestaan het teen die naamsverandering, spesiale dank aan AfriForum.

Demokraat ·

Hi Ria, gee jou gedeeltelik gelyk dat die middestad grootliks verval het in ‘n smerige en vuil hool en nie te alle tye goed versorg word deur die Stadsowerhede nie.

Vanuit ‘n ander oog egter, is die ANC-regering stadig maar seker besig om alles wat uit die vorige bedeling ontstaan het, tot niet te maak. Wil mens bykans die vraag vra – was alles uit die vorige bedeling dan net sleg en onaanvaarbaar dat dit vernieting en uitgewis moet word. Dit kan tog nie waar wees nie en lyk dit eerder asof hierdie aksies uitgevoer word met die doel om die blankes te verneder en weg te dryf. Iewers moet daar voet neergesit en hokaai geroep word sonder om noodwendig emosies aan te wakker en mense op te sweep tot barbaarse optrede – dit is nie in ons aard en wese nie.

Ek ondersteun die pogings van AfriForum van harte en maak ook maandeliks ‘n geldelike bydrae tot hul kas. Hierdie poging van AfriForum is immers beskaafd en volg ‘n roete deur die regte kanale.

Ria Maritz ·

Ek wil graag weet wat is jou mening oor die verkoop van die Voortrekker Monument aan die Sjinese regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.