Student in BFN vermoor

ʼn Student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein se liggaam is Saterdagaand in die stad gevind.

Kapt. Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder, sê die student, wie se naam nie bekendgemaak kan word voor sy naasbestaandes in kennis gestel is nie, se liggaam is omstreeks 23:00 Saterdagaand in Parkstraat gevind. Marope sê die student is met ʼn skerp voorwerp in die nek en kop gesteek. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Volgens Marope het die student glo van die winkel af huis toe geloop toe hy aangeval is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.