Student jok oor rooftog om eksamen te mis

ʼn Student is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo gejok en gesê het hy is beroof ten einde nie ʼn eksamenvraestel te skryf nie.

Kapt. Frederik van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 19-jarige man het aan die polisie gesê dat hy Woensdag op die hoek van Darling- en Buitenkantstraat in Kaapstad deur vier gewapende mans oorval en beroof is. Die student het beweer dat die vier mans sy selfoon, kontant en bankkaarte gesteel het en gedreig het om hom dood te maak indien hy nie saamwerk nie. Hy het beweer dat hy daarin kon slaag om van die rowers te ontsnap waarna hy ʼn klag van gewapende roof by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak het. “Nadat die man behoorlik deur speurders ondervra is, het hy erken dat hy gejok het aangesien hy nie ʼn eksamenvraestel wou skryf nie.” Die man is in hegtenis geneem en word aangekla van dwarsboming van die gereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.