Student in regsgeding met CIA oor Mandela-arrestasie

Oudpresident Nelson Mandela

Oudpresident Nelson Mandela

ʼn Student het ʼn regsgeding teen die Amerikaanse intelligensiediens (CIA) van stapel gestuur ten einde dokumente te bekom wat glo wys dat die intelligensiediens aandadig was in die inhegtenisname van oudpresident Nelson Mandela.

Mandela is verlede maand in die ouderdom van 95 oorlede. Hy is in 1962 in hegtenis geneem, skuldig bevind tydens die Rivonia-verhoor en het tronkstraf uitgedien op Robbeneiland. Ryan Shapiro, ʼn PhD-student aan die Massachusetts Institute of Technology, het die regsgeding aanhangig gemaak nadat die CIA glo geweier het om te voldoen aan ʼn versoek ingevolge wetgewing om inligting te verskaf oor Mandela se inhegtenisname. “Hoewel dit lankal bekend is dat Amerikaanse-intelligensie betrokke was by die inhegtenisname van Mandela, is min gedetailleerde inligting daaroor beskikbaar,” sê Shapiro in sy regsgeding. Shaprio versoek inligting oor hoekom die CIA Mandela glo as ʼn bedreiging beskou het. ʼn Woordvoerder vir die CIA het intussen gesê hulle lewer nie kommentaar op sake wat tans voor die hof dien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Shapiro – ek wonder wat se van dit is. Is hy `n Griek of `n Jood?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.