Student sterf tydens betogings by Walter Sisulu

ʼn 20-jarige student het Maandagmiddag na sy dood geval by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha nadat geweld op die kampus uitgebreek het.

‘n Polisiewoordvoerder, lt. kol. Mzukisi Fatyela, sê die student was saam met ander studente op die dak van een van die geboue op kampus. “Hulle het klippe na die polisie gegooi.” Die student het glo op ʼn plastiek sonvenster getrap en deurgeval. Die student het glo ʼn kursus in onderwys gedoen. Dertien ander studente is vir openbare geweld in hegtenis geneem. Studente het paaie by die universiteit met asblikke en ander gemors versper. “Hulle was verskriklik gewelddadig. Hulle het eiendom beskadig, bande en papier gebrand en klippe na die polisie en ander mense gegooi.” Die polisie het die studente met rubberkoeëls uitmekaar probeer jaag. Meer as ʼn duisend studente het sedert vroeg Maandagoggend by die Nelson Mandela rylaan-kampus betoog. Fatyela sê die studente dring daarop aan om te slaag hoewel hulle hul toetse gedruip het. Die oproerige skare het omstreeks 15:40 uitmekaar begin gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.