Student val 12m en leef

René Cremer, ‘n 19-jarige student, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat sy 12m ver van ʼn gebou se dak af geval het.

Cremer was Saterdagoggend saam met ʼn groep vriende op die dak van ‘n gebou van Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus om na die sonsopkoms te kyk, berig Beeld. Sy het op ʼn dakluik getrap, deurgeval en op die vloer van die gebou se ingangsportaal geland.

Sy is na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Sy word behandel vir ʼn gebarste blaas, twee breuke aan haar bekken, gebreekte en gekraakte ribbes, ’n geskeurde nier en ’n gebreekte linkerarm. Daar is ook gaatjies in haar long.

Haar ouers, Hennie en Amanda Cremer van Mosselbaai, sê dit is ʼn wonderwerk dat sy die val oorleef het en dat hulle baie dankbaar is.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.