Student val ses verdiepings na sy dood

ʼn Derdejaar-handelstudent aan die Universiteit van Kaapstad is Donderdag dood nadat hy uit sy kamervenster op die sesde vloer geval het.

ʼn Woordvoerder van die universiteit, Gerda Kruger, sê dit blyk dat die student ʼn mediese kondisie gehad het wat veroorsaak dat hy gedisoriënteerd word. Kruger sê die man het goed presteer en hulle glo nie hy het met opset by die venster uitgespring nie. Sy sê hulle is in kontak met sy gesin en werk ook saam met die polisie wat die saak ondersoek. Kruger sê die universiteit sal ook sy eie ondersoek doen. ʼn Eerstejaar student het glo verlede week in sy kamer selfmoord gepleeg. Vroeër die maand is ʼn 20-jarige student ernstig beseer nadat sy van die vyfde verdieping van ʼn koshuiswoning geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.