Student vas vir spoed

ʼn Student is in hegtenis geneem nadat hy teen 200km/h in ʼn 120km-sone vasgetrek is op die N4 buite Brits in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, Lesiba Moses Kgwele, sê die 22-jarige man het ʼn BMW 330i gery met Gauteng-nommerplate. “Die man is glo ʼn student en het van Sun City na Laudium gery saam met sy vriendin en nog ʼn paartjie.” Kgwele sê die man is by die Brits-polisiestasie in aanhouding en sal na verwagting Dinsdag in die Brits landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.