Student verdrink in Kaapstad

ʼn Student het Woensdag by Clifton-strand in Kaapstad verdrink.

Wilfred Solomons-Johannes, Kaapstad se rampbestuurwoordvoerder, sê die 24-jarige man was deel van ʼn groep studente van Rosebank Progress College wat op ʼn uitstappie was. Solomons-Johannes sê die gebeure voor die student se verdrinking is nog nie duidelik nie. Hy het mense gewaarsku om versigtig te wees aangesien daar tans rowwe seetoestande en sterk seestrome is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.