Studente vermink glo lewende katjie

Twee studente aan die Monash-universiteit se Roodepoort-kampus het glo ʼn katjie vermink terwyl dit steeds geleef het.

The Citizen berig dat die twee studente die katjie, sowat 12 weke oud, afgeslag het terwyl dit steeds geleef het. Mandy Cattanach, bestuurder en senior inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Roodepoort, sê die katjie is na ʼn veearts geneem waar dit uitgesit is. “Ons is ingelig oor die voorval en neem die kwessie rakende die gruwelike skending van ‘n weerlose dier met die grootste erns op,” het Cattanach gesê. “Gekwalifiseerde inspekteurs ondersoek die voorval en het reeds die universiteit besoek waar pamflette versprei word ten einde meer inligting oor die voorval te bekom.”

David Noach, bemarkingskonsultant by Monash, sê die saak is aan die DBV en polisie oorgegee. “Die situasie is onder ons aandag gebring en al die administratiewe personeel is ontsteld en gewalg deur die voorval,” het hy gesê. “Dit is geensins ‘n weerspieëling van ons instelling nie. Monash Suid-Afrika keur nie die tipe gedrag goed nie.” Noach sê stappe is geneem om alle personeel en studente van die voorval in kennis te stel ten einde meer inligting te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Smeer hulle vol stroop, maak hulle op ‘n miershoor wat krioel van miere vas. Die miere sal die res doen. Hoe barbaars kan mense tog nie wees nie!!!

Poppie ·

Die studente moet swaar gestraf word en diens gaan doen lewenslank by die DBV.
Ons land is te sag met mense wat diere mishandel.

HELENA SEABORNE ·

bring die gud hier, as hulle ni honde verkrag nie slag hulle katte. klomp barbare. sal ok seker net i boete of opgeskorte vonnis kry. its in the culture om wreed te wees. mut hulle aan hulle tone ophang en ok afslag terwyl hulle lewe. sal hulle net so los om te vrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.