Studente-atlete moet agter bly

Universiteite in Suid-Afrika se baan-, veld-, en padatlete gaan die eerste atlete wees wat gebuk sal gaan onder sanksies teen Atletiek Suid-Afrika (ASA), het die SA Sportkonfederasie Olimpiese Komitee (Sascoc) Dinsdag gesê.

“Die atletiekgroep is verbied om volgende maand aan die Wêreld Studentespele in Kazan, Rusland, deel te neem, alhoewel onderhandelings steeds voortgaan,” het Gideon Sam, president van Sascoc, gesê. “Ons het ʼn krisis met die atlete in die span. Die Sascoc-raad glo ons moet reëlmatig wees wanneer dit kom by die deelname van atlete.”

Sam sê Sascoc het ter elfder ure ʼn vergadering met USSA in Johannesburg belê voordat die span aangekondig is, en alhoewel Sascoc by sy sanksies teen die atletiekspan volstaan, sal hulle steeds met onderhandelings voortgaan. Dit is nie duidelik wat van USSA verwag word om die Sascoc-raadslede van mening te laat verander nie. “Indien dit die einde van Sascoc gaan beteken, dan is dit nou maar só. As ons in hierdie gebou [Olympic House] moet oornag om die saak op te los, dan sal ons dit doen. Maar soos dinge nou lyk, ondersteun ons nie die atletiekspan nie.”

Sascoc het ASA en alle atlete wat by dié federasie geregistreer is, geskors.

Suid-Afrika sal ʼn span van 93 atlete stuur om aan 11 sportsoorte by die Wêreld Studentespele deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Ruik ek weer rassisme? Die enigste rede waarom enige gedrog sy eie land se studenteatletiekspan wil benadeel sal wees omdat die robbies dalk ‘n blankle gesiggie of meer in die span raakgesien het. Of is ek verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.