ʼn 24-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo twee studente in Johannesburg beroof het.
Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die verdagte het ʼn 19-jarige man en sy vriend beroof terwyl hulle huis toe gestap het.
“Die man het hulle genader en met ʼn vuurwapen gedreig. Hy het op hulle selfone aangedring, hulle deursoek en ook hul sakrekenaars gevat,” het Mbele gesê.
Die verdagte het daarna probeer weghardloop maar is deur polisiebeamptes aangekeer wat op roetinepatrolie was.
“Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen, wat se reeksnommer afgeskuur is en ammunisie. Die man is aangekla van gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie,” het Mbele gesê.
Die verdagte moet binnekort in die hof verskyn.
Gee hom vir die studente, hulle sal sy gal werk.
Ek stem Peter maar jy mag mos niks doen nie. Anders sit jy in die tronk. Hulle mag jou roof aanrand besteel hijack alles en jy mag niks se nie.
Baie misleidend. Toe ek die opskrif lees, dink ek hel ek wonder wie lei nou al rowers op. Ja diefstal roof en die soort van misdaad waar enige geldelike gewin verkry kan word sal toeneem hier na die feestyd toe Mense moet maar meer bedag daarop wees.