Studente sonder verblyf weens geloof

Foto: IOL

Sowat 70 studente is uit wooneenhede van ʼn kampus aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geskop omdat hulle glo geweier het om Islamitiese gewoontes en reëls na te volg.

The Mercury het Donderdag berig die As-Salaam-kampus, in Braemar naby Umzinto, moes twee weke terug klasse stop na studente oor dié kwessie begin betoog het.

Studente beweer dat kampusbestuur die studente wat in die wooneenhede bly forseer om die Koran te bestudeer en om Moslem-klere te dra. Hulle mag glo ook nie Bybels op die perseel dra nie.

Klasse is Dinsdag hervat, maar die 70 studente is aangesê om ander verblyf buite die kampus te soek. Die betrokke studente word deur die departement van hoër onderwys gefinansier, wat glo R16 000 per student per jaar bydra vir kos en verblyf. Die studente wat hierby baat het gesê hulle kan nie ander verblyf bekostig nie omdat hulle van arm families kom.

Sowat 500 studente studeer by die kollege. Die kampus behoort aan die departement, wat die perseel aan die As-Salaam-instituut verhuur.

Die departement het gesê hulle is besig om met kampusbestuur oor die aangeleentheid te praat om sodoende werkbare oplossing te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.