Studentesentrum ontruim na bomdreigement by US

Die foto is deur die gebruiker @michaelboss op Twitter gelaai.

Die Universiteit van Stellenbosch het bevestig dat die Neelsie-studentesentrum Donderdag ontruim is na ʼn bomdreigement.

Die universiteit sê in ʼn verklaring dat die dienssentrum omstreeks 13:00 ʼn oproep ontvang het waartydens die persoon gedreig het dat daar ʼn bom geplant is in die Neelsie-studentesentrum. Die sentrum se bestuur is onmiddelik in kennis gestel en die sentrum is ontruim. Die polisie se honde-eenheid het die gebou deursoek. Die Neelsie is om 16:30 veilig verklaar. Die universiteit se rektor, prof. Russel Botman, is in kennis gestel van die situasie. Hy het sy tevredenheid uitgespreek rakende die vordering van die proses en personeellede en studente bedank vir hulle samewerking en geduld. Die universiteit staan die polisie by met sy ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlies ·

Iemand gaan lank sit. Die Neelsie is so uur gelede weer ontruim nadat n tweede bomdreigement ontvang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.