Studie: Meer as ʼn derde van jongmense het seks voor 16

Meeste jongmense leer van seks by hulle vriende in plaas van hulle gesinne, volgens ʼn studie wat gister bekendgemaak is.

Meer as 7600 mense tussen die ouderdomme van 16 tot 24 en 25 tot 34 het aan die meningspeiling deelgeneem. Die studie is namens die International Planned Parenthood Federation (IPPF) gedoen. Volgens die studie gebruik 38% van jongmense hulle vriende as hulle primêre bron vir inligting oor seks terwyl 19% inligting kry oor seks deur die media, 18% by die skool, 14% deur die internet en slegs 4% deur hulle gesinne. Die studie het ook bevind dat 12% van jongmense voor die ouderdom van 14 seks gehad het, 22% persent tussen die ouderdomme van 14 tot 16 en 37% persent het eers seks gehad na die ouderdom van 16.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.