Styging in brandstofprys verwag

petrol-daal1-320x213Die rand het Donderdag vir die eerste keer sedert Oktober 2008 deur die vlak van R11 vir elke Amerikaanse dollar gebreek. Dit dra verder by tot die verwagte styging in Suid-Afrikaanse brandstofpryse op 5 Februarie.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by Solidariteit, het Vrydag aan Maroela Media gesê indien die rand se swak vlak volgehou word deur die loop van die laaste week van Januarie, die prys van petrol met ongeveer 35c per liter sal styg, terwyl die groothandelprys van diesel met ongeveer 20c sal klim.

“Dit sal die derde agtereenvolgende maand van stygings, in pas met die verswakking in die wisselkoers van die rand, wees,” het Joubert gesê. Die pryse van petrol en diesel het albei in Januarie nuwe nominale rekordhoogtes bereik. Februarie sal vir nuwe rekordhoogtes sorg, met die kleinhandelprys van 93-oktaan petrol in Gauteng wat hoër as R13,70 per liter kan styg, en die groothandelprys van diesel wat vir die eerste keer bokant R13 per liter kan gaan draai.

“Dit is belangrik om daarvan kennis te dra dat die stygings in die brandstofpryse niks met die e-tolstelsel of ander regeringspanderingsbehoeftes te doen het nie,” het Joubert beklemtoon. “Aangesien die belasting op brandstof ʼn vaste bedrag per liter is, wat slegs jaarliks in April aangepas word, en nie ʼn persentasie soos BTW nie, beteken dit dat die belastinggaarder nie ʼn hoër bedrag belasting inkry wanneer brandstofpryse weens normale faktore soos die wisselkoers of internasionale petroleumprodukpryse styg nie. Al faktor wat die staat se belastinginkomste uit brandstof beïnvloed, is hoeveel liter verkoop word – nie die prys daarvan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.