Styging in repokoers aangekondig

Gill Marcus

Gill Marcus, hoof van die Reserwebank, het Woensdag aangekondig dat die repokoers met 50 basispunte verhoog gaan word.

Die repokoers sal van 5% na 5,5% verhoog word en sal van 30 Januarie van krag wees. “Die hoofverantwoordelikheid van die Bank is om inflasie onder beheer te hou en te verseker dat inflasieverwagtinge stewig geanker bly,” het Marcus tydens die aankondiging gesê. Sy sê die wêreldwye finansiële krisis is in ʼn nuwe fase en hou veral uitdagings in vir opkomende mark ekonomieë soos Suid-Afrika. Die jaar-op-jaar inflasiekoers, soos gemeet deur die verbruikersprysindeks (VPI)vir alle stedelike gebiede, was in November en Desember verlede jaar onderskeidelik 5,3% en 5,4%. Dit het gelei tot ‘n gemiddelde jaarlikse inflasiekoers van 5,7% in 2013. “Die voorspelde gemiddelde inflasiekoers vir 2014 is 0,6 persentasiepunte hoër op 6,3%,” Marcus gesê.

Daar is intussen aangekondig dat die petrolprys in Februarie na verwagting met minstens 30c per liter gaan styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.