Subredakteur spring glo na sy dood by Naspers-sentrum

Alan Bowen. Foto: Verskaf.

Alan Bowen. Foto: Verskaf.

Alan Bowen, ʼn 46-jarige vryskut-subredakteur van Media 24, is Sondag dood nadat hy glo van die dak van die Naspers-sentrum in Kaapstad gespring het.

Lt.kol. André Traut, ʼn woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat ʼn man vermoedelik gespring het. “Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen,” het Traut gesê.

Bowen was ʼn subredakteur by Media 24 se WP-gemeenskapskoerante sedert 2009 en was glo passievol oor Engels.

Volgens ʼn kollega, wat anoniem wou bly, het Bowen Sondag gesê hy gaan ʼn sigaret buite rook, voor hy glo na sy dood gespring het. Die kollega het Bowen as ʼn “hardwerkende, betroubare” man beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben ·

Alan het interesante stories virtel.

Hy was ‘n aangename persoon om mee te wees en kon tegnologiese konsepte baie goed verduidekik vir mense wat wil leer.

Ek sal hom mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.