Suid-Afrika gekant teen militêre optrede teen Sirië – Zuma

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma het vandag, ná sy gesprek met President Manuel Pinto da Costa van Sao Tome en Principe, enige sprake van militêre optrede teen Sirië veroordeel. Volgens Zuma sal militêre optrede nie tot ’n volhoubare oplossing bydra nie.

“Die partye wat by die konflik in Sirië betrokke is, moet eerder gevra word om aan ’n omvattende dialoogproses  deel te neem om die konflik op te los en moet afsien van enige gewelddadige optrede.”

Intussen staal Turkye hom teen ʼn moontlike chemiese aanval van Sirië en maak kos en gasmaskers bymekaar. Turkye steun Sirië se opposisie en rebelle en het reeds gesê hy sal deelneem aan enige internasionale koalisie wat teen die Siriese regering

wil optree.

Lees ook:

Turkye gereed vir moontlike chemiese aanval

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Somerset Morkel ·

Dom soos hy is, sekerlik NIE.. Maar Obama soek na afleiding van sy mislukking in die VSA waar dinge begin inmekaartuimel – tot 40% van sy senior staatsamptenare wil uit en tree uit in die volgende jaar of twee omdat hulle nie del wil he aan sy sosialistiese (lees: Marxistiese) magspel nie, en omdat hulle aftree-ouderdom bereik. Amerika s e skuld staan op 16 triljoen dollar… Drie geslagte van nou af kan dit nie afbetaal nie. Oorlog is die antwoord: skiet alles plat, skryf die skuld af i.t.v. oorlogsdekreet en begin van voor af… natuurlik issiriee net die begin. Iran le ook nog voor.. Obama plaas nou Israel in die posisie waar hy moet toeslaan of verdwyn, so hy gaan toeslaan. Dan gaan die Islam-lande rebelleeer en terugslaan. Iran gaan Israel aanval. Obama gaan dan Iran slaan.. want die VSA kan nie dat Israel verdwyn nie want dan kom die Joodse geld in die VSA in opstand en vee hom uit. Dan gaan Rusland Saiudi Arabiee aanval en dan… en dan… en dan.. So dit kom in plek, maar dit kan langer duur as wat dit lyk, dalk nog 5 jaar.

Somerset Morkel ·

Onthou: S.Afrika is ‘n randverskynsel hierin, maar onse Zuma moet regverdig dat hy nounet ‘n eredoktoraal in Maleisiee gekry het (vir leieirskap nogal..) so hy moet wys hy is ‘n wereldleier…

Trippie ·

Ek hoor jou !

“moet eerder gevra word om aan ’n omvattende dialoogproses deel te neem om die konflik op te los en moet afsien van enige gewelddadige optrede.”

Dis mos nou woorde wat ‘n ware leier in sy “eie” land moet predik, maar ek is bevrees, ons sal dit nie hoor nie. Sing eerder met sy stertriem “Kill the Boer”.

Willy ·

En wat as Amerika en Brittanje hulle gaan afsmeer aan ou Nguni wat hulle in elk geval gaan doen?

Jasper ·

@Willy . As die VSA en ander rolspelers nie na sy versoek gaan luister nie gaan hy boikotte teen hulle instel. As hulle dan nog nie gehoor gee nie sal hy dreig om millitêr op te tree. Jy moet onthou hy het iets in die 20 Grippens aangekoop ( waarvan minder as 12 nog diensbaar is maar ge-“ground” is weens n tekort aan geld.) lmga
Wat ek van Sirië af weet is dat daar nog heelwat Christene is wat baie swaar kry en nog meer gaan suffer as die rebelle aan bewind kom.

Melissa ·

Wens hy wil bietjie sy tyd spandeer op probleme in Suid Afrika!!!!!!!!!!! Maar nee… steel liewers net Tax Payers geld…

Thea Kluckow ·

Hoekom het Zuma dat SA inmeng in SAR en nie dialoog probeer voer nie? Sy eie belang was hier betrokke. Biochemiese oorlog mag nie ongesiens toegelaat word nie want dit skep n teelaarde vir oortreding van internasionale ooreenkomste sonder straf en dus deur stilswye word dit goedgekeur. Die volgende stap is dat enige land dit gaan gebruik ook teen SA. Dan sal Nkandla ook nie meer so n veilige leplek wees vir Zuma nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.