Suid-Afrika kry geelkaart by WWF oor renosters

Foto: www.rhinoconservation.org

Dit lyk of verlede jaar se rekord van 448 gestroopte renosters in Suid-Afrika vanjaar verpletter gaan word, sê die WWF in ‘n verslag wat Maandag bekend gestel is.

Dié verslag is uitgereik voor regerings dié week in Genève byeenkom om sake wat met onwettige handel van natuurlewe te bespreek. Die vergadering van CITES (Convention on the International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) vind van 23 tot 27 Julie plaas. Altesaam 23 Afrika- en Asiatiese lande, waaronder Suid-Afrika, is in die verslag bespreek wat veral renosters, olifante en tiers as bedreigde diersoorte lys. Die meeste Sentraal-Afrikaanse lande kry rooikaarte vir die wyse waarop hulle olifante van uitwissing beskerm. Tienduisende olifante word jaarliks in Afrika gestroop.

Veral Viëtnam loop deur as sondebok as bestemming vir renosterhoring, terwyl Thailand ‘n rooi kaart kry oor sy gebrekkige wetgewing en wetstoepassing om handel in olifanttande te keer. China kry ‘n geelkaart vir ivoorhandel.

Indië en Nepal kry groen kaarte vir hul bewaring van bedreigde spesies. Nepal word geloof omdat daar in 2011 geen voorvalle van renosterstropery in dié land aangemeld is nie.

Klik hier vir die WWF se mediaverklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.