Suid-Afrika moet nuwe muurproppe kry

So lyk die nuwe skakelaars met ‘n bestaande driestuk-skakelaar regs .

So lyk die nuwe skakelaars met ‘n bestaande driestuk-skakelaar regs .

Die dae van die bekende driepunt elektriese proppe wat Suid-Afrikaners so goed ken, is getel.

Met die nuwe muurproppe sal dit onmoontlik wees vir ‘n kind om sy vinger tot by die kragdraende dele in te druk, en die stelsel bevat drie veiligheidsvlakke. ‘n Nuwe stelsel tree geleidelik in werking, met alle nuwe aansluitings wat van ongeveer 2015 met die nuwe muurproppe toegerus moet wees. Die uitfasering sal tussen tien en 20 jaar duur. Die nuwe toerusting sal van April af gekoop kan word.

Die nuwe stelsel, bekend as die SANS 164-2, lyk byna net soos die bestaande tweepuntproppe, en neem net so min ruimte in beslag. Dit het egter drie punte, en prop in ‘n beskutte gleuf in.

Ongelukkig beteken dit nie dat Suid-Afrika internasionaliseer nie, en die nuwe stelsel kan net in Brasilië gebruik word. Suid-Afrika het sy bestaande stelsel by Brittanje geërf, wat egter self intussen na ‘n ander oorgeskakel het.

Volledige besonderhede kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VerVanRyn ·

Ag dis sommer rubbish hierdie. Die tweepunt prop wat ons in SA gebruik is die grootste gemors. Die punte maak nooit kontak nie!

Babs ·

Snert! Mens leer jou kind om nie sy vingers in kragproppe te druk. Veiligheids proppe is oral te koop.

Theresa ·

Liewe hemel tog! Ons land is in ‘n %$#$@ gemors en hulle worry oor kragproppe…….!!?? (Soos al die ander “nuwe uitvindings” wat hulle wil implimenteer – gaan die ook net ‘n verdere gemors van geld wees). Maar wag…….dis mos waarin hulle goed is! GELD MORS!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.