Suid-Afrika se eie ‘Toddlers & Tiaras’

Argieffoto: Toddlers & Tiaras

ʼn Professionele kenner en beoordelaar in die Suid-Afrikaanse skoonheidsbedryf is bekommerd oor ʼn groeiende tendens wat veroorsaak dat Suid-Afrikaanse modelkompetisies vir kinders in “sirkusse” ontaard.

“Ons beweeg al hoe meer in dieselfde rigting as die Amerikaners, wat dié kompetisies heeltemal uit verband ruk,” het die beoordelaar, wat verkies om anoniem te bly, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Sy verwys na die werklikheidsreeks Toddlers & Tiaras wat in Amerika vervaardig word en op DStv uitgesaai word, waar ouers so ver gaan om hul kinders te verfraai dat hulle soos regte porseleinpoppe lyk. Hulle word grimeer, kry haarverlengings, hul velle word verbruin en van hulle kry selfs “Flippers”, oftewel valstande vir kinders. Dit kan teen sowat R2 500 van tandartse aangeskaf word.

“Dieselfde gebeur nou gereeld hier met modelkompetisies. Dit het aan die lig gekom dat al hoe meer 4 tot 6-jariges en 7 tot 9-jarige modelle van Flippers gebruik maak,” het die kenner gesê.
Volgens ons bron, wat onder andere ook internasionale kompetisies beoordeel, beskou sy die dra van valstande as oneerlik. “Nie enige professionele beoordelaar wat sy sout werd is, gee vir kinders swakker punte omdat hulle ʼn verlore tand het nie. Ons beoordeel ook nie tieners negatief as hulle skewe tande of draadjies het nie. Dus, as ouers vir hul kinders valstande insit, is hulle oneerlik in ʼn poging dat die kind moet wen,” het sy bygevoeg.

“Wat meer skokkend is, is dat ek al terugvoer van ʼn ouer gekry het wat erken dat haar kind beter punte kry vandat sy Flippers begin dra het.”
Die kenner het ʼn beroep op alle beoordelaars gedoen om nie toe te laat dat Suid-Afrika se modeparades in “sirkusse” ontaard nie, en die “oneerlikeheid” op die lappe te bring.

Hier volg ʼn insetsel van Toddlers & Tiaras wat op YouTube gelaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rena Brown

Dis gewoonlik mammas wie niks bereik het nie, wie hul dogtertjies dwing om alles te moet doen, omdat hulle dit nooit gedoen het nie. Straf sulke mammas, want hul doen hul dogtertjies onreg aan.

Zee Dyson Pageants

Ek is jammer maar julle is totaal verkeerd ingelig. Die artikel is gemik op een ma wat wel “flippers” aangeskaf het (omdat sy dit kan bekostig) en ‘n ander wat dit nie kan bekostig nie verskeur haar nou! Probleem is die kind is werklik oulik en het ‘n pragtige persoonlikheid gevul met ongelooflike selfvertroue. By GEEN en ek beklemtoon dit… by “GEEN” pageant in SA word enige kinders toegelaat om grimering te dra onder die ouederdom van 12-13 jaar nie. Organiseerders is ongelooflik streng op die reel. Dogtertjies met geboortevlekkies en skewe tandjies staan elke naweek trots op die verhoog.… Lees meer »

Carolyn Botha

Dear Editor The sad thing is, that this country is going exactly like Toddlers & Tiaras all of a sudden. Some people commenting are obviously not up to date with the industry because if they were, they would know that flippers are being used by many children – just because the parents can afford them and not because there is really a medical reason to do so. Years ago there was a young girl who had no option but to make use of false teeth as her own teeth had fallen out through excess medication as a baby and no-one… Lees meer »

Ryno Basson

Zee se kommentaar – ‘GEEN pageant in SA word enige kinders toegelaat om grimering te dra onder die ouederdom van 12-13 jaar nie. Organiseerders is ongelooflik streng op die reel. Dogtertjies met geboortevlekkies en skewe tandjies staan elke naweek trots op die verhoog.” Ek kan persoonlik saam stem met wat Zee hierbo se, ek self is n beoordelaar wat meer 470 kompetisies in die laaste 4 jaar beoordeel het, en vir n feit kan se die kinders onder 12-13 is beslis nog kind. Ons land se standaarde is hoog en daar word beslis seker gemaak van ouers, beoordelaars en ook… Lees meer »

Gail Cronje

Asb neem kennis dat ek die Suid Afrikaanse Toddlers & Tiara’s besit en dat niks verbonde is aan Amerika s’n nie! Ons verskaf goedjies aan pageants en stem ook glad nie in een met die “misbruik” van kleintjies nie. Besoek gerus ons FB blad om meer inligting te kry voor my naam sleg word asb? http://www.facebook.com/toddlersandtiarassa