Suid-Afrika se eie ‘Toddlers & Tiaras’

Argieffoto: Toddlers & Tiaras

ʼn Professionele kenner en beoordelaar in die Suid-Afrikaanse skoonheidsbedryf is bekommerd oor ʼn groeiende tendens wat veroorsaak dat Suid-Afrikaanse modelkompetisies vir kinders in “sirkusse” ontaard.

“Ons beweeg al hoe meer in dieselfde rigting as die Amerikaners, wat dié kompetisies heeltemal uit verband ruk,” het die beoordelaar, wat verkies om anoniem te bly, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Sy verwys na die werklikheidsreeks Toddlers & Tiaras wat in Amerika vervaardig word en op DStv uitgesaai word, waar ouers so ver gaan om hul kinders te verfraai dat hulle soos regte porseleinpoppe lyk. Hulle word grimeer, kry haarverlengings, hul velle word verbruin en van hulle kry selfs “Flippers”, oftewel valstande vir kinders. Dit kan teen sowat R2 500 van tandartse aangeskaf word.

“Dieselfde gebeur nou gereeld hier met modelkompetisies. Dit het aan die lig gekom dat al hoe meer 4 tot 6-jariges en 7 tot 9-jarige modelle van Flippers gebruik maak,” het die kenner gesê.
Volgens ons bron, wat onder andere ook internasionale kompetisies beoordeel, beskou sy die dra van valstande as oneerlik. “Nie enige professionele beoordelaar wat sy sout werd is, gee vir kinders swakker punte omdat hulle ʼn verlore tand het nie. Ons beoordeel ook nie tieners negatief as hulle skewe tande of draadjies het nie. Dus, as ouers vir hul kinders valstande insit, is hulle oneerlik in ʼn poging dat die kind moet wen,” het sy bygevoeg.

“Wat meer skokkend is, is dat ek al terugvoer van ʼn ouer gekry het wat erken dat haar kind beter punte kry vandat sy Flippers begin dra het.”
Die kenner het ʼn beroep op alle beoordelaars gedoen om nie toe te laat dat Suid-Afrika se modeparades in “sirkusse” ontaard nie, en die “oneerlikeheid” op die lappe te bring.

Hier volg ʼn insetsel van Toddlers & Tiaras wat op YouTube gelaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rena Brown ·

Dis gewoonlik mammas wie niks bereik het nie, wie hul dogtertjies dwing om alles te moet doen, omdat hulle dit nooit gedoen het nie. Straf sulke mammas, want hul doen hul dogtertjies onreg aan.

Zee Dyson Pageants ·

Ek is jammer maar julle is totaal verkeerd ingelig.

Die artikel is gemik op een ma wat wel “flippers” aangeskaf het (omdat sy dit kan bekostig) en ‘n ander wat dit nie kan bekostig nie verskeur haar nou! Probleem is die kind is werklik oulik en het ‘n pragtige persoonlikheid gevul met ongelooflike selfvertroue.

By GEEN en ek beklemtoon dit… by “GEEN” pageant in SA word enige kinders toegelaat om grimering te dra onder die ouederdom van 12-13 jaar nie. Organiseerders is ongelooflik streng op die reel. Dogtertjies met geboortevlekkies en skewe tandjies staan elke naweek trots op die verhoog.

Dis jammer dat die vrou se naam nie bekend gemaak word nie want daar is soveel wat beweringe maak en agter hul identiteit skuil.

Ek sal in die openbaar opstaan en dit regstel want dis hierdie tipe persone wat die industrie skade berokken.

Sommige mense hou van die industrie en ander dink dis euwel. Net soos wat ek dink rugby is ‘n gevaarlike sport wat agressie kweek onder seuns sal daar diegene wees wat gekant is teen die stokperdjie.

Maar as daar gekyk word na die kleredrag van dansertjies en hoe hulle toegesmeer word met grimering vir die verhoog wonder ek wat eintlik die probleem is.

By voorbaat dank,
Zee

Carolyn Botha ·

Dear Editor

The sad thing is, that this country is going exactly like Toddlers & Tiaras all of a sudden.

Some people commenting are obviously not up to date with the industry because if they were, they would know that flippers are being used by many children – just because the parents can afford them and not because there is really a medical reason to do so.

Years ago there was a young girl who had no option but to make use of false teeth as her own teeth had fallen out through excess medication as a baby and no-one ever knew about this as it was done discreetly for medical reasons. The problem we now have is that parents of little ones are not allowing their children to grow up naturally. Loosing teeth is part of growing up!!!

The kids are also coming out in the most outrageous dresses, some parents are going over the top with ‘flippers’, coloured hair, high heels and now, the saddest thing of all, is that some organisers are promoting the Toddlers & Tiaras” look by enticing parents to enter their competitions just to win a ridiculously huge crown that the children cannot even wear without hanging onto with at least one hand.

All the photos plastered all over Facebook on Saturday night and Sunday after pageants show these little kids hanging onto crowns that are almost the size of their torso, so I blame organisers for promoting this nonsense.

PAGEANTS SA has just this past weekend crowned the following winners and our rules of NO MAKE-UP, no high heels, age appropriate dresses etc were definitely followed by our Panels of highly professional judges:
Miss Mini SA 2013 – Sasha Morgan
Miss Tiny SA 2013 – Bianca Langedyk
Miss Petite SA 2013 – Charlise Venter
Miss Pre-Teen SA 2013 – Allucci Moller

All these winners were under 12 years and I can guarantee that each one of these children DID NOT wear ‘flippers’ or have make-up on. In fact, I personally noticed a child who was wearing make-up and had the parent remove the make-up immediately. A child cannot apply make-up – the parent does!!

The problem is that organisers promote using professional judges, however, when you get to the competition you find children under 18 are judging. I am shocked at how many unprofessional organisers as well as Judges are suddenly popping up in this industry and this is the reason that pageantry is suddenly becoming such a mixed up industry in this country.

Parents DO take chances with make-up and there are loads of competitions taking place EVERY weekend all over SA and children under 12 ARE wearing make-up. I am sure if proper attention was made people would notice this, however, some individuals are obviously oblivious to their surroundings or they would know this and not make comments about the fact that there are no pageants that allow make-up as they are incorrect with their statement. Just go onto Facebook and look at the winners and you will see the mascara and lipstick etc that the kids are wearing.

The photos that were submitted for the abovementioned competition is proof in itself that the kids are wearing make-up. I will gladly show this to prove certain individuals statements that kids do not wear make-up as incorrect.

I agree with the person who is unidentified in this article about this industry becoming a laughing stock. Until such time as the parents realise that supporting all the ‘fly-by-night’ unprofessional so-called organisers in this industry, is what is causing the problems, the issues will never go away.

Yours truly

Carolyn Botha
Director – Pageants SA
http://www.pageants.co.za

Zee Dyson Pageants ·

Ek staan vas by my vorige skrywe.

Dis een dogtertjie en haar ma na wie verwys word. Daar is wel ander wat haar ook nagevolg het en flippers aangeskaf het. Maar so is daar diegene wat in geheim ander hulp middels aanskaf wat onopsigtelik is.

Die artikel verwys egter na grimering, haarverlengings, flippers ens. Ek verwys ook na die algehele beeld van Toddlers & Tiaras. Ons kinders is nie naby dit nie.

My punt is steeds dat indien ‘n kind toegelaat word om op ‘n verhoog te klim met flippers, grimering of wat ookal, moet die organiseerder se bevoegdheid dalk ondersoek word. Dalk tyd om die industrie vaarwel te roep.

Self die organiseerder wat erg teen dit gekant is het huidige titelhouers wat die hulpmiddels aanwend, verbied dit nie in haar reels nie en dit was nog nooit gestop of verbied nie. Skielik is dit ‘n enorme probleem en totaal ontoelaatbaar.

Dit beskou ek as dubbel standaarde. As iets jou grief tree dadelik op!

Dit gaan oor die feit dat in SA, kinders nog kinders is in vergelyking met Toddlers & Tiaras in Amerika. Die vergelyking deur ‘n individu regverdig nie die industrie nie.

Konfronteer eerder die organiseerders wat hierdie miskaakte voorkoms dan goedkeur en toelaat. ‘n Ouer sal dit aanwend solank dit toegelaat word by ‘n kompetisie. Onder geen omstandighede word verwys na Gail Cronje se Toddlers & Tiaras nie. Sy lewer ‘n waardevolle diens aan organiseerders. Baie dankie Gail.

Ryno Basson ·

Zee se kommentaar – ‘GEEN pageant in SA word enige kinders toegelaat om grimering te dra onder die ouederdom van 12-13 jaar nie. Organiseerders is ongelooflik streng op die reel. Dogtertjies met geboortevlekkies en skewe tandjies staan elke naweek trots op die verhoog.”

Ek kan persoonlik saam stem met wat Zee hierbo se, ek self is n beoordelaar wat meer 470 kompetisies in die laaste 4 jaar beoordeel het, en vir n feit kan se die kinders onder 12-13 is beslis nog kind. Ons land se standaarde is hoog en daar word beslis seker gemaak van ouers, beoordelaars en ook organiseerders, dat geen kind onder 13 soos die kinders op “Toddlers & Tiaras” sal lyk nie. Een ding wat ek met trots kan se is dat die meerderheid Suid Afrikaners met TROTS, KLAS en STYL deur die lewe gaan.

Op n laaste noot, ons Pageants in Suid Afrika kan beslis gesien word as wereldklas, waar meisies nog meisie kan wees.

Gail Cronje ·

Asb neem kennis dat ek die Suid Afrikaanse Toddlers & Tiara’s besit en dat niks verbonde is aan Amerika s’n nie! Ons verskaf goedjies aan pageants en stem ook glad nie in een met die “misbruik” van kleintjies nie. Besoek gerus ons FB blad om meer inligting te kry voor my naam sleg word asb? http://www.facebook.com/toddlersandtiarassa

Lynette Coertze ·

ek is heeltemal gekant teen die kompetisies. soos ek afgelei het van die Amerikaanse weergawe, het daardie kinders nie ‘n eintlike kinderlewe nie. Die kinders huil en is moeg en daar was selfs ‘n mamma wat net vooruit loop en die heeltyd vir die kind gil om op te hou huil. Hierdie arme bloedjies word gedruk om te “perform” en ek dink nie dit kan goed vir hulle selfbeeld wees nie. Hulle word grootgemaak met die gedagte dat jy altyd die beste moet wees en ek glo dat hulle wel ‘n swak selfbeeld kan ontwikkel.

Drieka van Staden ·

Die komentaar in die bogenoemde artikel is regtig onaanvaarbaar, ek het ‘n 6-jarige dogter en ons sit NOOIT grimering op nie, alle kompetisie reels se dat dogter onder 12 GEEN grimering mag dra nie, daar is egter niks in die kompetisie reels wat se dat ‘n kind nie verlengens of ‘n flipper mag dra nie, dit is tydelike goedjies wat ingesit word vir 5 minute, van hierdie kinders dra dit as gevolg van dun haartjies wat hulle voller wil laat lyk of self ‘n flipper omdat die kind klein tandjies het en mens dit skaars kan sien op die verhoog, die spesifieke kind wat na verwys word het nog nie eers ‘n tandjie verloor nie.

In plaas daarvan dat hierdie anonieme beoordelaar haar/homself uitlaat oor ‘n kind met ‘n flipper, moet daar eerder aangespreek word hoe die ouers die beoordelaars intemideer en sleg se indien hulle kinders nie wen nie, of die partydigheid van beoordelaars wat saam met die ouers kuier, en selfs die feit dat party beoordelaars net dood eenvoudig nie wil opsit met ‘n ma se “tantrums” nie en ‘n kind opmerk omdat hulle nie lus is daarvoor nie.

Dan is daar nog die situasie waar ‘n organiseerder, ander organiseerders sleg seen sleg maak orals op Facebook en enige ander plek waar hulle kan, watse voorbeeld stel hulle vir die kinders. Organiseerders wat punte verander soos wat hulle pas en wenners kies voordat ‘n kompetisie begin, dit is as gevolg van hierdie mense dat die industrie so verander want dieselfde organiseerders en beoordelaars word herhaal en die ouers probeer al hoe meer om hulle tevrede te stel.

Ons kinders is ons trots en daarom ondersteun on hulle, dit is baie belangrik dat hulle dit weet, en dat die organiseerders en beoordelaars moet saamstaan om dit weer ‘n eerlike en mooi industrie te maak, dit gaan glad nie oor grimering, flippers of ‘n haarverlenging nie.

Sorita Pieterse ·

Toddlers en Tiara’s is nie naastenby wat Suid Afrika se model oor gaan nie. Maar ja die rokkies wat die kindertjies daar dra en die “oufits” is baie inspireerend vir ons mammas in Suid Afrika want dit gee ons bietjie idees op nuwe rokkies en uitrustings.

My Dogtertjie is tans 6jaar oud en is ‘n model vanaf die ouderdom van 3, sy is ‘n pragtige prinsessie met ‘n string titels agter haar naam.

Ons is Trotse titel houers van die meeste organiseerders in Suid Afrika, en nog by geen kompetisie waar ons deel geneem het was dit toelaatbaar dat die dogtertjies onder die ouderdom van 12 grimering mag dra nie, of altans was ligte grimering toegelaat. Nerens in die reels van enige kompetisie staan daar ander uitsluitsels behalwe grimering nie.

My Dogtertjie is baie langer as enige van die ander dogtertjies in haar ouderdoms groep van 3-6jr, dus is sy geseend met die perfekte “Model” lengte. Sy het egter ‘n probleem met die tandjies, haar melk tandjies is baie klein en haar glimlag “fade” weg. Na ‘n jaar se 2de en 3de plekkies wat sy behaal het was die antwoord op verbetering elke keer dieselfde, glimlag, met my hande in my hare oor ek kan sien sy glimlag maar die tandjies is so klein dat jy die nie op die verhoog kan sien nie het ek gedraai om ‘n flipper te laat maak. Haar Pragtige glimlag word nou raak gesien en dit lyk so natuurlik.

Die “enhancement” van die flippertjie maak nie ‘n verskil aan haar voorkoms of haar “ramp ability” nie, inteendeel laat dit haar beter voel oor haar glimlag en mens kan dit waarneem.

Ek as ouer sal enige iets in my vermoe doen om die beste vir Haar te kan gee, en as dit beteken ons het ‘n voorsporng dan is ek trots daarop.

Sy is ons huidige Pageants SA se Miss Tiny Queen of the World 2013. Toe sy Maart maand gekroon was, was daar geen probleem met die so-genaamde “flipper” nie en daar word nerens in enige reels genoem dat haarstukke en “flippers” nie gebruik mag word nie.
Hoekom nou???????????
Jaloesie klink dit vir my????????? Jaloesie op ‘n dogtertjie van 6jr oud?????

As daar na foute verwys word moet alle foute reggestel word, en nie gehammer word oor een ding nie. BV Haarkleur is veel erger, dit is permanent en kan nie uitgehaal of uitgewas word nie, jy sit met dit.

Komaan mense raak groot fokus op belangriker dinge as dit.

Veregaande!!!!!!
Sorita

Adele ·

Meeste beoordelaars geen glad nie ekstra punte vir kinders met extentions, flippers ens nie en trek glad nie af vir kinders met skewe tandjies of tandjies wat weg is nie. Stem 100% saam met Drieka van Staden. Hoekom aandag bring op haar extentions, sit eerder die kollig op ouers wat beoordelaars probeer intimideer sodat hulle kinders moet wen, organiseerders sleg praat as poplap 3de kom want die ander 2 “is lelik”!! Organiseerders wat mekaar sleg praat en selfs mekaar se kompetisies boikot. Mamma’s wat ‘n herrie opskop as haar kind nie wen nie want dan het almal gekroek en dan word beoordelaars sleg gepraat. Stem saam dat mens wel oneerlike beoordeelaars kry wat hulle vriende se kinders laat wen wat heeltemal onaanvaarbaar is! Elke liewe ouer betaal baie vir rokkies, petrol, kos by die kompetisie ens, die minste wat ‘n beoordelaar kan doen is om eerlik te beoordeel. Organiseerders sal in die toekoms moet spesifiseer in hulle inskrywings vorms of flippers, extentions en spray tan toegelaat word vir hulle kompetisies, dis al manier hoe almal tevrede sal wees. As die reëls dan sê dit word nie toegelaat nie en modelle daag op daarmee moet punte afgetrek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.