Suid-Afrika spog met sy eie ‘Pink Panther’

Deon de Villiers het onlangs Madikwe-reservaat se aarbei-kleurige luiperd op film vasgevang.

ʼn Luiperdmannetjie met ʼn aarbei-kleurige pels is verlede week in die Madikwe-natuurreservaat gesien en het natuurliefhebbers en -bewaarders sedertdien behoorlik aan die gons oor die seldsame verskynsel.

National Geographic nuus het verlede Donderdag ʼn foto van die luiperd gepubliseer nadat verskeie toeriste al beweer het hulle het die rare dier gesien. ʼn Fotograaf en gids, Deon de Villiers, het egter onlangs daarin geslaag om die luiperd op film vas te vang. Die foto is na Panthera, ʼn Amerikaanse wilde kat bewaringsgroep, as ʼn verifiëring gestuur.

Die organisasie se president, Luke Hunter, het gesê die ligte luiperd ly aan ʼn genetiese afwyking wat die oorproduksie van rooi pigmente en die onderproduksie van swart pigmente veroorsaak. “Hierdie is ʼn besonderse rare verskynsel. Daar is tans nie nog ʼn voorbeeld van so ʼn soort luiperd nie,” het Hunter gesê. Die afwyking is ongewoon in karnivore maar kom gereeld by wasbere en Eurasiese ratels voor.

Ten spyte van sy pienkerige kleur lyk die luiperd gesond. Hunter het egter gewaarsku dat indien die luiperd die natuurreservaat sou verlaat, hy maklik ʼn teiken vir trofeejagters sou maak, wat die lot van baie luiperds is.

Vir nog inligting lees hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.