Suid-Afrika tuimel op persvryheidsindeks

Suid-Afrika het met tien plekke tot die 52ste plek op Verslaggewers Sonder Grense (VSG) se jaarlikse persvryheidsindeks teruggesak. Finland is die mees persvrye land, gevolg deur Nederland. Eritrea is die mins persvrye land ter wêreld, met Noord-Korea wat in sy nek blaas.

In 2003 het Suid-Afrika nog die 21ste plek op die indeks beklee en was toe die mees persvrye land op die kontinent, en het nou vir die eerste keer sedert die indeks bygehou word, tot laer as die 50ste posisie teruggesak. VSG blameer in sy opsomming die beoogde snoerwet hiervoor, en meen dit sal ondersoekende joernalistiek smoor. Ses Afrikalande, wat Namibië, Botswana, die Kaap-Verde en Ghana insluit, is meer persvry as Suid-Afrika.

Namibië, wat sy posisie tot die 19de plek verbeter het, is nou Afrika se mees persvrye land.

Twee Afrikalande wat verlede jaar nog meer persvry as Suid-Afrika geëvalueer is, Tanzanië en Mali, het erg uitgesak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.