Suid-Afrika val op mededingingsindeks

Suid-Afrika het die 52ste uit 144 lande ingeneem op die jongste mededingingsindeks wat deur die Wêreld-ekonomiese Forum (WEF) opgestel is.

Verlede jaar het Suid-Afrika die 50ste plek uit 142 lande beklee, maar is wel effens beter daaraan toe as twee jaar gelde toe Suid-Afrika die 54de plek uit 139 lande beklee het.

Suid-Afrika vaar egter swakker op sekere onderafdelings van die indeks en beklee nou die 63de plek vir infrastruktuur, 69ste vir makro-ekonomiese omgewing en 132ste vir gesondheid en primêre onderwys.

Wat arbeidsmarkdoeltreffendheid betref, lê Suid-Afrika in die 113de plek, maar wat fiskale markontwikkeling betref, is Suid-Afrika die 3de beste ter wêreld.

Switserland het die vierde agtereenvolgende jaar die topposisie ingeneem, terwyl Singapoer weer die tweede plek ingeneem het. Finland het nou tot derde plek gevorder. Burundi het heel onderaan in die 144ste plek gekom.

Suid-Afrika se 52ste plek plaas hom in ‘n swakker posisie as die sukkelende Suid-Europese ekonomieë van Portugal (49), Spanje (36) en Italië (42). Griekeland (96) is swakker as Suid-Afrika daaraan toe.

Die volledige verslag van 326 bladsye kan hier afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.