Suid-Afrika vier Jeugdag

Die departement van kuns en kultuur en die stad Johannesburg het gesê Jeugdagvieringe sal in Soweto plaasvind.

Die departement het gesê verskeie uitvoerende lede van die stadsraad sal die geleentheid bywoon en besoek aflê aan die Hector Petersen-gedenkplein.

In die Suid-Kaap word verskeie geleenthede beplan. Na verwagting sal die adjunkminister van kuns en kultuur, Joe Paahla, op Dysseldorp naby Oudtshoorn praat, terwyl die adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, studente by die Nelson Mandela Universiteit se George-kampus toespreek. Die amptelike Jeugdag-herdenking sal egter by die Kwa-Zakhele township in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gehou word met ‘n fokus op “samewerking om ‘n beter toekoms te verseker”.

Die regering se reaksie op toenemde werkloosheid onder die jeug sal ook in die soeklig kom. Na raming is meer as 3 miljoen jong mense tussen 15 en 34 jaar oud werkloos. Die regering het ‘n jeugloonsubsidie voorgestel, maar Cosatu het dié voorstel verwerp en sê groot sakeondernemings sal dit misbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.