Suid-Afrika wen nog twee medaljes by wêreldkampioenskap

Die Suid-Afrikaanse atletiekspan is in die 17de plek by die wêreldkampioenskappe in Suid-Korea nadat hy Vrydag nog twee medaljes ingepalm het.

Die mans 400 meter-aflosspan het ʼn silwer medalje gewen terwyl Sunette Viljoen haar eie rekord verbeter het om ʼn brons medalje te verower in die spiesgooi. LJ van Zyl het vroeër die week Suid-Afrika se eerste medalje gewen toe hy derder in die mans 400 meter-hekkies geeindig het. Die mans aflosspan, wat vroeër die nasionale rekord verbeter het, het tweede geeindig na die VSA. Die span het uit LJ van Zyl, Shane Victor, Ofentse Mogawane en Willem de Beer bestaan. Die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, wat aan die uitdunronde deelgeneem het, het ʼn geskiedenis gemaak toe hy ook ʼn medalje ontvang het vir sy bydrae. Viljoen het haar Afrika-rekord met amper twee meter verbeter met ʼn gooi van 68,38m. Die verdedigende kampioen, Caster Semenya, het intussen maklik vir die 800m vir vrou gekwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.