Suid-Afrika wys sy staal op Wêreld-atletiekbyeenkoms

Suid-Afrika se mans aflosspan het vir die einderonde van die 4 x 400 meter aflos gekwalifiseer by die Wêreld Atletiek Kampioenskap in Daegu in Suid-Korea.

Oscar Pistorius, Ofentse Mogawane, Willie de Beer en Shane Victor se tyd van 59-komma-twee-een sekondes is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord. Dit is ook die eerste keer dat hulle dit in onder drie minute afgelê het. Amerika het eerste geëindig in die uitdunronde terwyl Jamaika in die tweede plek was en Suid-Afrika derde. Sunette Viljoen het intussen haar plek in die finaal van die spiesgooi vir voue verseker met reuse-gooi van 65,34m. Viljoen het in die eerste plek geëindig in die uitdunronde. Die verspringer, Khotso Mokoena, kon egter nie kwalifiseer vir die eindrondte nie. Sy sprong van 8,0m was nie goed genoeg nie. Die nuweling, Luvo Manyonga, het egter sy plek in die finaal verseker met ʼn sprong van 8,04m.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.