Suid-Afrikaanse skaars “vuurdiamant” haal meer as R300 miljoen

Foto: ANP

Foto: ANP

Baie skaars oranje diamant wat by die Amerikaanse Geologiese Instituut die hoogste gradering van “vivid orange” gehaal het, is in Genève vir $31,5 miljoen opgeveil.

Dié Suid-Afrikaanse diamant van 14,82 karaat is die grootste oranje diamant wat nog opgeveil is, en was die diamant wat volgens die afslaers, Christie’s die hoogste prys per karaat nog gehaal het. Dit heet “The Orange”. Hierdie diamant is in 1999 ook in Suid-Afrika ontdek.

Christie’s het nie die naam van die koper of verkoper bekend gemaak nie.

Oranje diamante is ‘n baie skaars variasie van geel diamante, en is byna nooit groter as vyf karaat nie. Dié diamante se kleur word deur stikstof tydens vorming veroorsaak. Oranje diamante het die bynaam “vuurdiamante” gekry.

Woensdagmiddag veil Sothebey’s die grootste rosé-diamant nog op. Dié vleklose diamant van 59.60 karaat sal na verwagting meer haal as die intreeprys van $60 miljoen – per karaat ‘n winskopie teen wat vir The Orange opgedok is. Dié knewel heet “The Pink Star”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.