Suid-Afrikaner sterf in aanval in Somalië

ʼn Suid-Afrikaner van Petrus Steyn in die Vrystaat het onlangs in Mogadisjoe in Somalië gesterf.

Beeld berig Nols Kruger(41), ʼn motorwerktuigkundige, is dood nadat Al-Shabaab-selfmoordaanvallers ʼn kamp van die Afrika-Unie in Somalië binnegedring het. Volgens die dagblad is sy dood stil gehou aangesien die Verenigde Nasies (VN) vermoedelik nie die teenwoordigheid van buitelanders in die kollig wil plaas nie. Mechem het aan die dagblad bevestig dat Kruger deel van dié afdeling van Denel se ondersteuningspan in Mogadisjoe was. Die voorval het glo vroeër die maand plaasgevind toe Kruger ʼn padskraper moes gaan regmaak. Die selfmoordaanvallers het glo op mense in die kamp losgebrand en Kruger is noodlottig gewond terwyl nog ʼn Suid-Afrikaner beseer is. Kruger se oorskot is reeds in Suid-Afrika. Hy laat sy vrou en twee dogters agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.