Suid-Afrikaner sterf in vliegongeluk

Foto: http://kaltim.tribunnews.com/2012/04/26/dua-orang-ditemukan-tewas-di-pesawat-susi-air

ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier en sy Australiese passasier is dood nadat hulle vliegtuig in die ooste van Indonesië neergestort het.

ʼn Woordvoerder van die Susi Air lugredery, Christian Strombeck, sê hulle was die enigste twee persone aan boord van die Pilatus PC-6. Die Australiër was glo ʼn fotograaf op ʼn huurvlug. Die slagoffers is intussen in die internasionale media geïdentifiseer as die Suid-Afrikaner, Jonathan Willis, en die Australiër, Ian Douglas. Strombeck sê die vliegtuig het omstreeks 11:30 Suid-Afrikaanse tyd in Oos-Kalimantan neergestort. Hulle was glo besig met lugfotografie toe die vliegtuig neergestort het. Dit was die lugredery Susi Air se derde noodlottige ongeluk binne ‘n jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.