Claude Moshiywa het Sondag in ‘n tyd van 05:32:07 die 88ste Comrades-marathon gewen.
Moshiywa (39) van Sebokeng in Johannesburg beskryf homself as ‘n “familieman”. Hy is getroud met twee seuns en werk as voorraadkontrolleur vir die spysenierafdeling by die hoofkantoor van een van die groot banke. Moshiywa het aan runningmatters.co.za gesê hy staan isoggens om 03:00 op om twee tot drie ure lank te oefen.
Die tweelingsussies van Rusland, Elena en Olesya Nurgalieva is in die eerste twee plekke vir vroue met Charné Bosman van Suid-Afrika in die derde plek vir vroue.
Is die man met twee seuns getroud? Is dit nie teen die wet nie? Korrekte Afrikaans sou wees: “Hy is getroud, het twee seuns en werk as…” “kontroleur” het een “l”. Die Engelse woord “contoller” het twee.
controller – ek was te vinnig met die stuur knoppie.