Suid-Afrikaners het gratis toegang tot nasionale parke

SANParke het Suid-Afrikaners aangemoedig om voordeel te trek uit Nasionale Parkeweek, waartydens hulle gratis toegang ontvang tot van die land se nasionale parke.

Dié week word jaarliks gehou om mense meer bewus te maak van die land se nasionale parke. Tydens Nasionale Parkeweek kry Suid-Afrikaners gratis toegang tot 19 van die land se 22 nasionale parke, behalwe Boulders in Kaapstad en die Namakwa- en Tankwa Karoo- Nasionale Park. Dit sluit egter nie verblyf in nie. SANParke het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om hulle ID dokumente te neem en by hul naaste park besoek te gaan aflê. Die gratis toegang geld vanaf 12 tot 16 September 2011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.