Suid-Afrikaners kry goue beeldjie vir Sugar Man

Searching for Sugar Man, die hartroerende dokumentêr van Rodriguez, die vergete musikant wat weer opgespoor word ná gerugte oor sy dood, het Sondagaand ʼn Oscar-toekenning gewen vir die beste dokumentêr.

Die rolprent is deur die Sweedse direkteur, Malik Bendjelloul, vervaardig. Die verhaal vertel die storie van die sanger en liedjieskrywer Rodriguez van Detroit in Amerika. Rodriguez het uit die publiek se oog verdwyn nadat hy in die vroeë 70s twee albums uitgebring het. Hy het ʼn ongewone hoeveelheid aanhangers in Suid-Afrika gehad, en was nie eens bewus daarvan dat hy hier bekendheid verwerf het nie. In sy land en voor dié dokumentêre rolprent was hy onbekend en moes hy konstruksiewerk doen om die pot aan die kook te hou. Searching for Sugar Man vertel die verhaal van twee Suid-Afrikaanse joernaliste se soektog na dié legende.

Hier is ʼn lokprent van die rolprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.