Suid-Afrikaners sê wat hulle van Zuma se staatsrede verwag

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Plaasmoorde, korrupsie en onderwys is net ʼn paar van die onderwerpe wat Suid-Afrikaners wil hê president Jacob Zuma op moet fokus tydens sy staatsrede Donderdagaand.

Suid-Afrikaners kon vanjaar weer van sosialemedianetwerke soos Facebook en Twitter inspan om met Zuma te praat oor hul behoeftes. Zuma is op sy Facebook-blad gevra om onder meer te verseker dat almal in die land skoon drinkwater het. Drienie de Villiers het Zuma gevra wat hy doen omtrent plaasmoorde aangesien dit voedselsekerheid bedreig. Msikeleli Tumelo wou weet wat die doel daarvan is om tersiêre opleiding te kry as daar nie genoeg werk vir almal in Suid-Afrika is nie. Penny Viljoen het die president gevra wat hy gaan doen rondom die sogenaamde bloulig-brigade. Korrupsie, regstellende aksie, rassekwotas in sport, werkskepping en die instandhouding van paaie blyk ook hoog op Suid-Afrikaners se agenda te wees. Zuma se staatsrede sal na verwagting 19:00 Donderdagaand begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.