Suid-Afrikaners “timmer” boewe in Australië

Oudbrig. Kobus Delport. Foto: Sunshine Coast Daily

Twee rowers in Australië het hul moses teëgekom toe hulle vroeër die week by ʼn huis in Queensland, waar Suid-Afrikaners bly, probeer inbreek het.

Theo Nel (42), ’n sakeman, en sy pa, oudbrig. Kobus Delport (68) wat ʼn voormalige hoof van die veiligheidspolisie in Springs was, het die huisrowers oorrompel, “goed getimmer” en aangehou tot die polisie hulle in hegtenis geneem het, het Beeld Vrydag berig

Die twee gemaskerde rowers het laat Saterdagaand Nel se huis met outomatiese gewere bestorm. Nel en Delport het die rowers oorrompel. Nel het eers die een rower se vuurwapen by hom afgevat en toe die ander persoon s’n. Hy het ’n aanvalsgeweer op een se kop stukkend geslaan en die mans toe beurtelings met sy vuiste getakel. Delport het sy kierie op die rowers stukkend geslaan.

Die Australiese polisie het Troy Anthony Booth (39) en Benjamin Collins (23) in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op meer as 60 aanklagtes, onder meer aanranding, gewapende roof en die onwettige besit van vuurwapens.

Nel het gesê dit was een van die eerste “huisinvalle” in die geskiedenis van Queensland. Hy sê hy voel steeds baie veilig en sluit nie sy voordeur nie.

Klik hier om die volledige storie te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.