Suid- en Noord-Koreaanse families herenig – vir ‘n rukkie

Opgewonde Suid-Koreane vertrek per bus na Noord-Korea om familie te besoek. Foto: Epa

Opgewonde Suid-Koreane vertrek per bus na Noord-Korea om familie te besoek. Foto: Epa

‘n 90-jarige Suid-Koreaan wat sy totsienswuiwende dogtertjie laas gesien het toe sy net twee jaar oud was, tel onder die 82 ouer, en 58 jong Suid-Koreane wat gekies is om hul Noord-Koreaanse familielede vir die eerste keer sedert 1953 vlugtig te mag sien.

Die gelukkige Suid-Koreane is Donderdag per bus na ‘n vakansiedorp in Noord-Korea geneem waar hulle tot Sondag saam met 180 Noord-Koreaanse familielede te kuier.

Dan kom nog ‘n groep aan die beurt wat tot Dinsdag duur.

Dit is die eerste keer sedert 2010 dat Noord-Korea een van hierdie seldsame kuiergeleenthede toegelaat het. Die geleentheid was egter ook byna van die baan weens Noord-Korea se beswaar teen die komende gesamentlike Amerikaans-Suid-Koreaanse militêre oefeninge. Daar was ook kommer dat Noord-Korea die vergunning kon terugtrek weens ontevredenheid met ‘n VN-verslag wat ernstige aanklagte van menseregteskendings in Noord-Korea aan die kaak gestel het.

Noord-Korea en Suid-Korea is tegnies nog in ‘n staat van oorlog nadat slegs ‘n skietstilstand in 1953 gesluit is.

Bron: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.