Suid-Korea verdubbel missiel-afstand

Argieffoto

Suid-Korea het Sondag ‘n ooreenkoms met Amerika aangekondig dat hulle die reik van hul missielsisteme gaan verdubbel.

Dié afstand sal die hele Noord-Korea dek. “Die ooreenkoms sal Suid-Korea in staat stel om missiele van tot 800 km te ontplooi. Die missiele kan tans slegs 300 km bereik,” het Chun Yung-Woo, nasionale sekuriteitsraadgewer, gesê. “Die doel is hoofsaaklik om militêre uittarting deur Noord-Korea te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae