Suidkus-ongeluk eis vier

Argieffoto: Netcare911

Vier mense is Sondagmiddag dood nadat twee voertuie op die N2-deurpad aan die KwaZulu-Natalse suidkus gebots het, en een van die voertuie daarna aan die brand geslaan het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het naby Umgababa plaasgevind. “Dit is nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het een van die voertuie in ligte laaie gestaan. Ongelukkig was vier mense reeds dood. Twee mense het kritieke beserings opgedoen en twee mense is ernstig beseer,” het Steinmann gesê.

Een van die kritiek-beseerde slagoffers moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling. “Die res van die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.