Sunday Times moet Byleveld om verskoning vra

Piet Byleveld

Die Sunday Times moet aan Piet Byleveld om verskoning vra nadat hulle daarop gesinspeel het dat hy moontlik ʼn geskenk aanvaar het van iemand wat onder verdenking was, het Johan Retief, adjunk ombudsman vir die media, Donderdag gesê.

The New Age berig Retief het verder gesê: “Die Sunday Times moet om verskoning vra nadat hulle verkeerdelik in die opskrif van die storie en die eerste paragraaf van die berig daarop gesinspeel het dat Byleveld moontlik bewus kon wees dat hy ʼn geskenk aanvaar van iemand wat onder verdenking was vir die berugte Rolex-bende. Hulle het sy reputasie en integriteit onnodig in twyfel getrek.”

“Alhoewel die inleiding dalk waar was, was dit nie regverdig nie, aangesien dit die indruk geskep het dat Byleveld geweet het of moes geweet het dat Vardas een van die verdagtes in die Rolex-bendesaak was en dat hy, ten spyte hiervan, steeds die geskenk aanvaar het,” het Retief bygevoeg. Alhoewel Byleveld se ontkenning later in dieselfde berig voorkom, het die inleiding reeds daarop gesinspeel.

Byleveld en die afgetrede juwelier, Tony Vardas, het ʼn klagte ingedien oor die voorbladstorie in die Sunday Times van 12 Februarie wat beweer het dat Vardas ʼn troupant aan Byleveld geskenk het.

Klik hier om die oorspronklike Sunday Times-berig te lees, en klik hier om ‘n opvolgberig daaroor te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.