Sunette Bridges praat oor Red October

Sunette Bridges

Sunette Bridges

ʼn Dag nadat duisende mense wêreldwyd aan Sunette Bridges se Red October-veldtog deelgeneem het, het sy aan Maroela Media vertel hoe sy reken die dag afgeloop het.

“Ek is oorweldig. Dit was ongelooflik suksesvol, ten spyte van sekere mediaberigte wat die projek in ʼn ras-geding laat ontaard het,” het Bridges gesê. Sy het gesê hoewel sekere mediahuise berig het net ʼn handjievol mense het deelgeneem, bewys foto’s wat instroom van regoor die wêreld, selfs Rusland, Ierland en Kananda, die teendeel.

“Duisende mense het deelgeneem, en dit was nie net ʼn klomp ‘wittes’ soos sommige media berig nie. Ons het bereik wat ons wou, en dit is om ʼn boodskap die wêreld in te stuur dat Suid-Afrikaners vermoor word, en moeg is vir misdaad en korrupsie.” Sy sê sowat veertig dorpe in Suid-Afrika het aan die veldtog deelgeneem en hoewel daar in sommige dorpe net wit mense was, was daar in ander dorpe, soos Margate, mense van alle rasse wat deelgeneem het.

#RedOctober was Donderdag én Vrydag van die gewildste hutssleutels op Twitter. “Ons het groot bewusmaking geskep en die regering en baie mense onkant betrap – dít sonder om een asblik om te gooi of ʼn buiteband aan die brand te steek.”

Volgens Bridges gaan daar ʼn nou protesvideo gemaak word van al die aksies wat regoor die wêreld plaasgevind het.

Klik hier om verskeie foto’s van Red October-aksies te sien.

Lees ook:
SuperSport-werker geskors oor Red October-uitlating
Nuuskommentaar: Red Rooi Oktober minderheidsregte?
Sunette Bridges mobiliseer gemeenskappe wêreldwyd vir ‘Red October’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Dankie Suette vir jou harde werk en organiesasie ek glo dit sal vrugte afwerp hou so aan mensie .ek glo al die dinge gebeur sodat ons Boere volk sal terugkeer na Jesus en ons gelofte van 16 Des sal eerbiedig.

Jo Amon ·

Hoekom lei die skakel onder die artikel na Sunette se persoonlike nuusblad, en nie na die Red October blad toe nie?

Boeremeisie ·

Uuuuuhm …. Meskien omdat dit juis daar is waar al die moorde gelys is en nie op die Red October blad nie ;-)

Michael Brink ·

Geluk met die suksess. Ek sal elke jaar deelneem en poog om nog meer en meer menso betrokke te maak by die jaarlikse byeenkoms.

MMP ·

Goed gedoen Sunette en almal wat deelgeneem het. Die wêreld moet weet!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.