“Superkiem” eis derde lewe

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het bykomende infeksiebeheermaatreëls in plek gesit by die Life Glynnwood-hospitaal in Benoni nadat ʼn derde persoon dood is aan ʼn uiters weerstandige bakterie.

Dit kom nadat minstens 10 mense die afgelope paar weke met die NDM-1-bakterie, of Nieu Delhi metallo-7-lactamase 1, besmet is. Twee mense wat ook met die bakterie besmet is, is vroeër die maand in die hospitaal dood. Die NDM-1-bakterie is volgens berigte vir die keer in 2009 in Nieu-Delhi in Indië geïsoleer. Dit is vermoedelik deur iemand na Suid-Afrika gedra. Die NIOS sê dit is meestal pasiënte wat lank in die hospitaal was wat besmet is. Die drie oorledenes het glo ook ernstige onderliggende siektes gehad. Die NDM-1-kiem kan tussen verskillende bakterieë uitgeruil word en genetika verander om dit weerstandig te maak teen Antibiotika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.