ʼn Vierde persoon is in die Life Glynwood-hospitaal in Benoni aan die Oos-Rand dood nadat hulle die NDM-1-bakterie, of Nieu Delhi metallo-7-lactamase 1, opgedoen het.
Die Star berig dat die persoon Saterdag dood is nadat hy vir talle weke in die hospitaal behandel is. Die vier oorledenes het glo ernstige onderliggende siektes gehad. Minstens 10 mense is die afgelope weke met die ensiem besmet. Die NDM-1-kiem kan tussen verskillende bakterieë uitgeruil word en genetika verander om dit weerstandig te maak teen Antibiotika. Die sogenaamde ‘superkiem’ is volgens berigtevir die eerste keer in 2009 in Nieu-Delhi in Indië geïsoleer. Dit is vermoedelik deur iemand na Suid-Afrika gedra.