Supermaan vanaand

Dis miskien ʼn goeie plan om vanaand ʼn romantiese maanligpiekniek te beplan, aangesien die maan sowat 30% helderder en 14% wyer sal vertoon as enige ander aand in 2012.

Die maan sal vanaand sowat 50 000 km nader aan die aarde wees (perigeum) as wanneer die maan op die verste punt op sy wentelbaan van die aarde af is (apogeum). Die gemiddelde afstand tussen die aarde en die maan is sowat 383 000 km. Die beste tyd om dié reuse maan te sien sal vroegaand wees, net ná maanopkoms. Vir een of ander rede lyk die maan op sy grootste wanneer dit laag op die horison sigbaar is. Verlede jaar se supermaan, op 19 Maart 2011, was klein bietjie nader aan die aarde (356 577 km) teenoor dié jaar (356 955 km), maar die gevolglike verskil in helderheid sal nie met die blote oog opgemerk kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.