Werkers aan ‘n gaspypleiding van die kus na die buitewyke van Jerusalem het ‘n ou dorpie op ‘n heuwel ontdek. Nadat argeoloë dit opgegrawe het, het hulle gesien dit het die vorm van ‘n supersoniese Delta-bomwerper.
Die dorpie is van ongeveer die tweede tempelperiode tot vermoedelik kort na die geboorte van Christus bewoon. Dit is nog onbekend hoekom die dorpie se inwoners dit verlaat het, maar dit lyk nie of dit as gevolg van ‘n oorlog was nie.
Een van die moontlikhede is dat die inwoners na Jerusalem verhuis het toe Herodes groot bouwerk op die Tempelberg aangepak het. Die navorsers kon nog nie vasstel wat die dorpie se naam was nie.
Verskeie muntstukke wat die afbeelding dra van Antiochus III, is gevind, asook kanne waarin oorspronklik olie en wyn geberg is.
Die gasleiding sal nou om die terrein gelei word.
Vollediger berig in die Jewish Voice kan hier gelees word.
Bronne: The Jewish Voice, ANP via Trouw.
Oepsie! Die skrywer van die artikel moet weer gaan lees oor supersoniese bomwerpers. Die dorpie se vorm herinner vaagweg aan die “B-2 Spirit” bomwerper wat NIE supersonies is nie (Mach 0.95). Die B-1 bomwerper is egter supersonies, maar lyk totaal anders.