SuperSport-baas bedank

supersportHappy Ntshingila, die uitvoerende hoof van die televisiekanaal SuperSport, het bedank nadat hy vir maande lank siek was.

“Terwyl ek besig was om aan te sterk, het ek besef dit is in belang van my langtermyn-gesondheid om nie terug te keer na my posisie by SuperSport nie,” het Ntshingila Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die Multichoice Groep, waaronder SuperSport val, het sy besluit ondersteun.

Ntshingila sal ‘n raadgewende rol by die groep se uitvoerende hoof, Imtiaz Patel, vervul.

“Namens die MultiChoice Groep, bedank ek Happy vir die bydrae wat hy gemaak het, en ons wens hom gesondheid en sukses toe,” het Patel gesê.

Brandon Foot, hoof van aankope by SuperSport, sal die waarnemende hoof wees totdat ‘n plaasvervanger vir Ntshingila aangestel is.

Ntshingila het in Maart verlede jaar SuperSport in sy amp begin. Hy was voorheen uitvoerende direkteur van bemarking en kommunikasie by ABSA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.