Happy Ntshingila, die uitvoerende hoof van die televisiekanaal SuperSport, het bedank nadat hy vir maande lank siek was.
“Terwyl ek besig was om aan te sterk, het ek besef dit is in belang van my langtermyn-gesondheid om nie terug te keer na my posisie by SuperSport nie,” het Ntshingila Donderdag in ʼn verklaring gesê.
Die Multichoice Groep, waaronder SuperSport val, het sy besluit ondersteun.
Ntshingila sal ‘n raadgewende rol by die groep se uitvoerende hoof, Imtiaz Patel, vervul.
“Namens die MultiChoice Groep, bedank ek Happy vir die bydrae wat hy gemaak het, en ons wens hom gesondheid en sukses toe,” het Patel gesê.
Brandon Foot, hoof van aankope by SuperSport, sal die waarnemende hoof wees totdat ‘n plaasvervanger vir Ntshingila aangestel is.
Ntshingila het in Maart verlede jaar SuperSport in sy amp begin. Hy was voorheen uitvoerende direkteur van bemarking en kommunikasie by ABSA.
Nou wat makaar Happy …. slow puncher?