SuperSport-werker geskors oor Red October-uitlating

Alfie Phokobye se uitlating

Alfie Phokobye se uitlating

‘n Storm het om die kop van Alfie Phokobye, ʼn produksie-assistent en vloerbestuurder van die televisiekanaal SuperSport, uitgebreek nadat hy glo Donderdag ʼn uitlating op Facebook gemaak het wat op haatspraak mag neerkom.

In reaksie op die Red October-veldtog wat Donderdag wêreldwyd gehou is, en waaraan hoofsaaklik witmense deelgeneem het, het Phokobye glo gesê hy wens hy was ook daar, sodat hy twee handgranate in die skares kon ingooi. ‘n Skermskoot van dié uitlating op Facebook het kort voor lank op die internet die rondte gedoen.

Dit volg nadat duisende mense regoor die wêreld Donderdag aan die Red October-veldtog deelgeneem het om hul misnoeë teen misdaad en die vertrapping van die minderheidsregte uit te spreek. Die veldtog is deur die sangeres Sunette Bridges gereël en in Suid-Afrika is die twee grootste optogte in Pretoria en Kaapstad gehou.

Die veldtog het gemengde reaksies op verskeie sosiale netwerke ontlont en dit is hier waar Phokobye glo sy voet in sy mond gesit het. 

Clinton van der Berg, die woordvoerder van SuperSport, het Vrydag aan Maroela Media gesê SuperSport neem kennis van die kommentaar wat Phokobye glo op Facebook geskryf het oor die Red October-veltog en die verskillende reaksies daarop.

“Phokobye is ʼn vryskut-kontrakteur van wie se dienste SuperSport van tyd tot tyd gebruik maak,” het Van der Berg gesê. “SuperSport onderneem om met onmiddellike effek nie meer van sy dienste gebruik te maak nie, hangende ʼn ondersoek na sy beweerde gedrag. SuperSport laat nie enige vorm van aanhitsing tot geweld of haatspraak toe nie.”

Isaac Mangena, die woordvoerder van die Menseregtekommissie, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Lees ook: 
Nuuskommentaar: Red Rooi Oktober minderheidsregte?
Sunette Bridges mobiliseer gemeenskappe wêreldwyd vir ‘Red October’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Elsa ·

Dit is reg so wat goed is vir die een is goed vir die ander een.

Hannetjie ·

Rooi Oktober is daar om mense Se aandag te vestig op die slagting van MENSE en die misdaad in die land As dit uitsluitlik vir ‘n sekere ras is sal dit onregverdig wees. Dink maar net aan Anene van die Kaap en die tallose vrouens en babas wat in die swartgemeenskap verkrag en vermoor word.

Hanlie ·

Ja as die mensdom in SA net ‘n slag wil wegkyk van kleur en besef almal is menskleur (soos my dogtertjie se – party is donker sjokolade of ander is bruin sjokolade en wit sjokolade) Almal is dieselfde. Verkragtings/moord en al die dinge gebeur orals in SA ongeag die kleur van jou sjokolade…..ons moet opstaan teen die geweld en SA ‘n land maak waarin almal wil en lekker kan bly…

Ek ·

NEE Hanlie hier gaan dit beslis nie oor die kleur van tjokies nie. Hier gaan dit oor die moord en verkragting van Blankes deur Swarte. Noem vir my voorbeelde waar Blankes swartes op plase gaan vermoor of hulle vrouens en dogters verkrag. Ons is NIE almal dieselfde NIE.

Jasper ·

Ene Alfie is n vloerbestuurder by Super Sport en hy wens hy kon handgranate tussen die skare ingooi.
WORD WAKKER BOERTJIES, KAN JULLE NIE SIEN WAARMMEE HET ONS TE DOEN NIE ?

Alida Müller ·

Laat dit nou vir hom en ander ‘n les wees. Dit moet net meermale gebeur!!! Maak julle oë oop!!! Al die draadsitters!!!

leeann mills ·

Ja hulle mag mos toi toi winkels plunder paaie verbrand ens met hulle optogte maar as die blanke in alle ordentlikheid iets doen is jy n rassis

Justi ·

Dit wys jou net! Dis rassisties verby! Dis haatspraak op sy beste. Laat n blanke nou so iets se…..dan is dit hofsake ens ens!

Pieter Potgieter ·

Is die man dan ketools of gerook,wat gaan hy doen as daar deur n blanke so n woord ge-uit moed word veral as so n bevel teen hom uitgevoer moet word. Ons kan sulke gepraat nie duld nie en daar moet opgetree word teen hom hy hoort in die tronk want ander hoor dit en aanvale teen boere bemoedig word. As hy wil oorlog maak teen wit mense sal hy kry waana hy en baie van sy vriende soek. Pasop moenie te ver krap nie.

Amy ·

Dis reg so!!!! Wat goed is vir die een…. Ek hoop hy word nie weer in diens geneem nie. Ek hoop iemand maak ‘n hofsaak teen hom.

Eben ·

Alfie Phokobye weet jy hoe werk n handgranaat? Glo my die wit man weet … pasop ou grote in n oorlog is niemand wenners … almal is verloorders. So, weg is jy …… kraal toe na jou vrouens

Amy ·

Ja, hy sal seker die pennetjie uittrek, en dit gooi, en dan met die handgrnaat in sy hand bly staan. Dan vang slim sy baas.

Theo Marx ·

Isaac Mangena, die woordvoerder van die Menseregtekommissie, is nooit vir kommentaar beskikbaar nie, maar hulle stel nie werklik belang in haatspraak deur swartes nie. Volgens hulle kan slegs wirtmense rasiste wees. Daarom word slegs witmense vervolg deur hulle.

Riaan Kruiwa ·

Die arme ding het per ongeluk die Tweet knoppie gedruk, instede daarvan om sy BMW se lugreëling te verstel. Eish, struggle times.

BlinkStefaans ·

Ek sien die ding se facebook blad is sommer nou weg? eish…maar-a-why?

BlinkStefaans ·

@ alfie: is it becausce we are white?? Ek wil graag nog n paar woorde se maar net nou kom dit neer op haatspraak!

HELENA SEABORNE ·

ja nee kyk as i blanke nou so iets kwytgeraak het was die hel weer los, dan was dit weer in al die oorsese koerante van die vreeslike wrede witmense wat die arme swartes so onderdruk ens ens ens.
hulle is baie groter rasiste as ons. eish en dit was nie net witmense wat deelgeneem het nie. almal is gatvol.

MARLENE MAIN ·

EK IS OOK GEKANT TEEN ENIGE VORM VAN GEWELD, ROOF, MOORD, VERKRAGTING OF WAT OOK AL. MAAR AS JY NA STATISTIEKE KYK, WIE IS DIE MEERDERHEID WAT DIE WET OORTREE. HULLE MOOR EN VERKRAG NIE NET DIE BLANKES NIE, MAAR HULLE EIE NASIE OOK. MAAR DIE MEERDERHEID IS DIE BOERE. WAAR GAAN DIT EINDIG AS DIT SO AANGAAN. WAAR GAAN DIE VOEDSEL VANDAAN KOM AS DIT VIR 3 JAAR OP DIE SELFDE KOERS AANGAAN. DINK NET N BIETJIE MENSE, ASSEBLIEF, MOENIE WAG TOT ONS ALMAL GAAN DOOD VAN DIE HONGER NIE.

Albert ·

Marlene n Moord op n boer beteken n mens is doodgemaak, meestal gemartel. Dit beten dat n familie vernietig is, kinders in baie gavalle nou sonder hulle pa is, dit is sekerlik die elendigste situasie waarin n gesin gedompel kan word. Die kwessie dat swart werkers hulle werk gaan verloor en dat die produksie van kos daaronder kan lei is sekonder en ek raak siek as mense dit voorhou asof dit hoofsaak is en die rede waarom moorde op boere gestop moet word.

MMP ·

Hy kon gebaat het deur by die veldtog aan te sluit. Sien Hannetjie en Hanlie se kommentaar elders op die bladsy.

Elize ·

Maak vir Steve Presedent.Want wat op 10 Oktober gebeur,is ons almal gatvol dat ons wit Boere en families elke dag so wreed vermoor word.En die moord word definitief nie deur wit mense gedoen.
Malema mag in die Openbaar praat wat op sy brein kom,hoekom mag ons wit mense nie ook ons opinie lig nie.
Daar is mos geen wette vir hulle nie.Kyk maar waar sit Salebi,buite tronk,kamstig suiker siekte,en hoevele mense het suiker siekte,dit is nie n doodsvonnis nie.Gebruik jou medekasie en lewe aan.
Nee Isaac Mangena,sal sy werk behou,want hy is mos nie wit nie.

Renico ·

Tweede woorde WORD WAKKER wil nie meer se nie moet my in hou ek is baie kwaad en ek is 25 niemand staan saam nie jul weet wat ek bedoel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.